You are using an outdated browser. Please upgrade your browser to improve your experience.
AfriForum 911- noodknoppie

Die AfriForum 911-noodknoppietoep verbind gebruikers en reaksiepersoneel met mekaar en hou hulle op hoogte van waarskuwings

Die AfriForum 911-noodknoppietoep verbind gebruikers en reaksiepersoneel met mekaar en hou hulle op hoogte van waarskuwings

AfriForum 911- noodknoppie

by 911 Rapid Response
AfriForum 911- noodknoppie
AfriForum 911- noodknoppie
AfriForum 911- noodknoppie

What is it about?

Die AfriForum 911-noodknoppietoep verbind gebruikers en reaksiepersoneel met mekaar en hou hulle op hoogte van waarskuwings.

AfriForum 911- noodknoppie

App Details

Version
5.0.4+218
Rating
(12)
Size
109Mb
Genre
Navigation
Last updated
July 24, 2021
Release date
March 31, 2021
More info

App Screenshots

AfriForum 911- noodknoppie screenshot-0
AfriForum 911- noodknoppie screenshot-1
AfriForum 911- noodknoppie screenshot-2
AfriForum 911- noodknoppie screenshot-3
AfriForum 911- noodknoppie screenshot-4
AfriForum 911- noodknoppie screenshot-5

App Store Description

Die AfriForum 911-noodknoppietoep verbind gebruikers en reaksiepersoneel met mekaar en hou hulle op hoogte van waarskuwings.
[AfriForum 911 se noodreaksie-en-mediesenoodreaksietoep (met onderskeidelik blou en rooi paniekknoppies) koppel jou direk aan enige toepaslike diensverskaffers in Suid-Afrika waar dié dienste gebied word. Met die druk van ’n knoppie kan jy diensverskaffers waarsku, wat jou so gou moontlik sal bereik om jou en jou afhanklikes by ’n presiese GPS-bepaalde posisie met sorg te ondersteun – selfs al kan jy nie praat nie of nie weet waar jy is nie. Direkte waarskuwings beteken vinniger reaksietye en die intydse deurstuur van inligting aan reaksiepersoneel sodat jy weet dat hulp op pad is.]
Brei jou veiligheid- en mediese netwerk aansienlik uit. Verseker die veiligheid en welstand van jou familie: Laai die AfriForum 911-noodknoppietoep vandag nog af. Stoor ook die AfriForum 911-noodnommer (086 111 6154) op jou slimfoon as kontak.
Die AfriForum 911-noodknoppietoep koppel jou aan ’n landwye netwerk van privaat gewapendereaksie- en mediesenoodreaksiedienste – met die druk van ’n knoppie! Onthou dat jy beskikbare data op jou slimfoon moet hê en dat jou slimfoon se liggingsaanduider aangeskakel moet wees om sommige van dié dienste te kan gebruik.
• Ontbied een gratis gewapendereaksie- en een gratis mediesenoodreaksiediens per maand vir jou en jou direkte familielede (maksimum ses persone, wat dié voordeel deel). Let daarop dat mediese vervoerdienste en enige ander verwante mediese kostes nie deur hierdie ledevoordeel gedek word nie.
• Sien intyds via toepkennisgewings wie op pad is om jou te kom help.
• Skep groepe vanuit jou slimfoon se kontaklys.
• Nooi jou kontakte uit om by jou groepe aan te sluit. Persone wat deel van jou groepe vorm, moet 1) op jou kontaklys wees, 2) die AfriForum 911-noodknoppietoepassing afgelaai en daarop geregistreer het en 3) jou uitnodiging na die groep aanvaar het.
• Stuur waarskuwings aan voorafgekose familielede om hul hulp in ’n noodgeval te ontbied. Familielede kan ook namens jou waarskuwings stuur wanneer jy in nood verkeer.
• Deel jou intydse ligging met jou familielede.
• Kommunikeer via die toep met jou familielede in ’n beveiligde omgewing.
• Navigeer na jou familielede wat deel van jou groepe vorm.
• Skep geo-afgebakende gebiede om te verseker dat jou familielede veilig is.
• Kry direkte toegang tot ’n intoep- tegniese ondersteuningsdiens.
• Kry die AfriForum 911-noodnommer onder “Kontak ons” op die hoofkieslys van die toepassing.

Disclaimer:
AppAdvice does not own this application and only provides images and links contained in the iTunes Search API, to help our users find the best apps to download. If you are the developer of this app and would like your information removed, please send a request to takedown@appadvice.com and your information will be removed.