You are using an outdated browser. Please upgrade your browser to improve your experience.
Vuurwoord Kerk

Vuurwoord is 'n Afrikaanse kerk gemeenskap in Boesmansriviermond in die Ooskaap

Vuurwoord is 'n Afrikaanse kerk gemeenskap in Boesmansriviermond in die Ooskaap

Vuurwoord Kerk

by Jiosdev LLC

What is it about?

Vuurwoord is 'n Afrikaanse kerk gemeenskap in Boesmansriviermond in die Ooskaap. Ons ontmoet elke Sondag om 9:00 v.m. in lewende lywe!

App Details

Version
1.0
Rating
NA
Size
39Mb
Genre
Lifestyle
Last updated
September 30, 2025
Release date
September 30, 2025
More info

App Store Description

Vuurwoord is 'n Afrikaanse kerk gemeenskap in Boesmansriviermond in die Ooskaap. Ons ontmoet elke Sondag om 9:00 v.m. in lewende lywe!
- Is jy opsoek na 'n Afrikaanse kerk wat die Vader in gees en waarheid aanbid?
- Wil jy daagliks saam met mede-gelowiges in intieme verhouding met Here Jesus wandel en luister na wat Hy vir ons sê... en dit doen?
- Brand jou hart dat God se koninkryk kom en sy wil op aarde geskied net soos in die hemel?
- Wil jy jou plek in die liggaam van Christus inneem en jou bediening vervul?
Indien ja, registreer gerus as 'n lidmaat op ons toep. Jy kan ook registreer as lidmaat indien dit nie vir jou fisies moontlik is om ons byeenkomste by te woon nie, maar op 'n afstand deel van ons wil wees. Jy's ook welkom om te registreer as 'n besoeker indien jy ons wil volg en ondersteun, al is jy elders aktief.
WIE IS ONS?
"Dit sê die Seun van God, wat oë het soos 'n vlammende vuur, en voete soos gloeiende koper." - Openbaring 2:18 AFR20 :fire:
Vuurwoord Kerk is nuut gestig in September 2025 in Boesmansriviermond in die Ooskaap. Ons is in noue verhouding met ander plaaslike kerke in die onmiddelike omgewing en elders. Vuurwoord Kerk word gelei deur Pierre en Sunelle le Roux en hulle span.
ONS WAARDES:
1. WOORD - Ons verkondig die Goeie Nuus van Jesus se volledige werk aan die kruis en luister wat Hy vir ons sê.
2. AANBIDDING - Ons bevorder Intieme aanbidding in jou binnekamer, jou sitkamer, en die Vader se troonkamer.
3. SALWING - Ons maak in alles in die lewe en bediening staat op die kragtige werking van die Heilige Gees.
4. LIGDRAERS - Ons help gelowiges om binne Christus se liggaam die koninkryk in die samelewing te vestig.
WAAROM DIE TOEP?
Ons het 'n behoefte om van dag tot dag te funksioneer en te groei as 'n kerkgemeenskap en nie net van Sondag to Sondag nie. Ons ervaar dat sosiale media nie geskik is hiervoor nie.
WAT KAN DIE TOEP DOEN?
Ons gebruik die Vuurwoord toep om as kerk gemeenskap te groei en daaglikse samesyn te versterk.
- Die toep stuur tydige kennisgewings uit na lidmate se toestelle vir die aktiwiteite waar hulle betrokke is.
- Die media funksie organiseer die lering en prediking van die Woord in oudio, video en/of geskrewe formaat.
- Die groep funksie fasiliteer gesprek en gebed in fokus groepe en om verskillende bedieninge te hanteer.
- Die gebeure en kalender funksies help met die beplanning en bevordering van ons aktiwiteite.

Disclaimer:
AppAdvice does not own this application and only provides images and links contained in the iTunes Search API, to help our users find the best apps to download. If you are the developer of this app and would like your information removed, please send a request to takedown@appadvice.com and your information will be removed.